top of page
Search
Writer's pictureandrevanzylrt

Afrikaners is plesierig



My kop raas mos eintlik.


Wanneer mense met my praat, dan hoor ek tegelyk al die moontlike betekenisse van elke woord wat hulle spreek. Dit vat soms nogal inspanning om nie ontydig te lag nie.


Afrikaanse gesegdes is juwele wat my kop amper laat bars.


Hieronder is ‘n paar voorbeelde.


1. Die appel val nie ver van die boom af nie.

Die boompie is darrem nog baie jonk en hierdie is sy eerste vrugte.


2. Agter os kom ook in die kraal.

Ons het die hele middag met hom gesukkel.


3. Moenie die baba met die badwater uitgooi nie.

Die wellfare sal op jou wees.


4. Hy vat die koek.

Ons bring die bordjies en koek vurkies.


5. Ek voel vere.

Ek dink dit is 'n hoender, nee wag, dit is verseker ‘n eend.


6. Afrikaners is plesierig.

en dan maak hulle so.


7. Ek is in sak en as.

Volgende keer kry ek die tuinman om eers die braai mooi skoon te maak.


8. Laat die aap uit die mou.

Shame man, die arme ding sit nou al die hele middag daar binne.


9. Ek kan slange vang.

Rerig, ek het 'n sertifikaat en alles.


10. Ons het saam 'n sak sout opgeeet.

Ons het altwee amper by die dood omgedraai.


12. Hy kla met 'n wit brood onder sy arm.

Ek hoor die bakkery doen nie te goed nie.


13. Ek vat dit met 'n knippie sout.

Gooi maar 'n bietjie peper ook in.


14. Hy is sout van die aarde.

Hy is wit, jy kry hom altyd in die kombuis by partytjies en hy is rerig goedkoop.


15. Hy kom soos 'n skim in die nag.

Op ‘n scooter, met pizzas en 'n 2 liter Coke.


16. Hisse met lang ore.

Ons is so gewoond aan die kort-oor hisse, ons sien hulle nie eers meer raak nie.


17. Ons het die wa deur die drif getrek.

Ons het amper die Land Rover se 'clutch' uitgebrand!


18. Ek wil iemand ‘n poets bak.

Ek wonder of ek iets in Kook-en-Geniet sal kry?


19. Daars 'n drol in die drinkwater.

Die munisipaliteit se pomp is al weer stukkend.


20. Ons is deur diep water.

Ons geyser het gisteraand ontplof.


21. Ons gaan die dorp rooi verf.

Ek hoor Jacks-Paint het ‘n ‘special’ aan.


22. Hy skree soos 'n maer vark.

Ja verseker, vet varke skree heeltemal anders.


23. Neusie verby.

Ek hoor sy maak ‘n groot hofsaak teen die plastiese shirurg.


24. ‘n Druppel in die emmer.

Ag nee! Die donnerse dak lek al weer.


25. Ons was by 'n Moslem troue en geen messe en vurke nie.

Toe vat ek maar die gereg in eie hande.


26. Ons trek swaar.

Pickfords se lorrie het toe nooit opgedaag nie.


27. Ek hou jou dop.

Moet net nie te lank wegbly nie anders gaan ek hom sommer self drink.























45 views0 comments

Recent Posts

See All

Spookasem

תגובות


bottom of page